Posts Tagged ‘nico botha’

Covid-19 eis oud stadsklerk

November 19, 2020

Dr. Nico Botha (78), oudstadsklerk van Bloemfontein, Plettenbergbaai en Jeffreysbaai en tot voor sy dood DA-raadslid van die Kouga-munisipaliteit, is Maandagaand in ’n hospitaal in Humansdorp aan Covid-19 dood.

Raadslid Nico Botha

Botha en sy vrou, Marietjie, het in ’n aftreeoord in Jeffreysbaai gebly.

Marietjie het ook Covid-19 opgedoen en sterk tuis aan.

Liana Steenkamp, hul dogter, sê haar ouers het einde Oktober Covid-19 opgedoen.

Die behandeling met hoëvloei-suurstof wat haar pa gekry het, het egter nie gehelp nie.

Hy het ná die strenger vlakke van inperking weer as DA-raadslid begin werk en hy “moes dit êrens opgedoen het”, sê sy.

Botha word oorleef deur sy vrou, Marietjie, hul kinders, Frikkie, Nico en Liana, en vier kleinkinders.

Netwerk 24

DA makes inroads in Ocean View

February 11, 2014

The DA has established a branch in the ANC stronghold of Ocean View in Jeffreys Bay.

Cllr Nico Botha with the DA activists in Ocean View.

Cllr Nico Botha with the DA activists in Ocean View.

The activists manned a table at the registration weekend on the open field next to the IEC tent.

“In 2011, we had no presence here during the local government election so I am very happy with the growth of the DA in Ocean View as well as the commitment of the DA activists in the ward,” said Nico Botha, the Councillor responsible for Ocean View.

Voters who still haven’t registered to vote in 2014, can visit the IEC office in Humansdorp before the date of the election is proclaimed by President Zuma.

DA ready for 2014 elections

August 12, 2013

Councillor Nico Botha

Councillor Nico Botha

The Democratic Alliance in Jeffreys Bay is gearing up for the National and Provincial elections that will take place in 2014.

The actual date of the election has yet to be announced.

DA Councillors had an Info Table at the Spar Center last Friday and helped voters to check if they were registered to vote in the 2014 election.

There was a bit of confusion among voters, some of whom thought that Municipal elections will also be held next year.

“The next Municipal election will be held in 2016 and that when we will vote to decide who will run the Kouga Municipality for the next 5 years”, explained DA Councillor Nico Botha.

“However, we urge all voters to make sure they are registered to vote and if you have recently moved to Jeffreys Bay, then we need to re-register you as well.” added Botha.

IF anyone is unsure if they are registered or not, you can send an email to democrat@truewan.co.za and the DA will check for you.

Ouditeur-Generaal besoek Kouga

April 24, 2012

Tydens die Ouditeur-Generaal se besoek aan Kouga op die 22ste April 2012 was tydens die vergadering verskeie aanbiedinge aan die Stadsraad gemaak, onder andere ook deur SALGA, die Nasionale Tesourier se Departement en deur die Ouditeur-Generaal self.

Councillor Nico Botha serves on the Kouga's Finance Portfolio

Die genoemde departemente het werklik sinvolle bydraes gelewer. Die bydrae van die Nasionale Tesourier wat onder andere ook die invorderingskoers van munisipale rade bespreek het, het my weereens laat besef dat die kernprobleem van Kouga Stadsraad se finansiële situasie kan daaraan toegeskryf word dat daar elke jaar vir ‘n onrealistiese inkomste begroot word.

Daar kan met reg gevra word of dit wys is om vir ‘n invorderingkoers van 95% te begroot, indien die werklike invorderingskoers slegs 80% tot 85% is.

Dit is goed om na ‘n hoë invorderingskoers te strewe maar dit is dom om onrealistiese teikens te stel. As die teiken met 10% gemis word beteken dit dat die stadsraad se inkomste met 50 miljoen rand oorskat word wat geweldige gevolglike probleme meebring.

Skape met vyf bene is skaars en ‘n mens behoort nie jou hoop daarop te vestig nie!!!!

Nico Botha

Kom ons gesels finansies

April 12, 2012

Kouga Munisipale Finansies

Die huidige finansiële situasie van die Kouga Munisipaliteit word nou manmoedig deur die regerende party erken, na jarelange se ontkenning.

Die konsepbegroting is onlangs in die raad bespreek en nie soos berig aanvaar is nie, maar wel na ‘n werksessie vir veral DA-Raadslidinsette verwys.

Ter inligting wens ek die volgende aspekte te beklemtoon:

Die salarisse van personeel is 37% van die totale begroting, maar wel 41% van die eie inkomstebegroting (Totalebegroting minus toewysings vanaf die Staat). Kommerwekkend is dat vir ‘n 95%-verhalingskoers begroot word. Tans is dit minder as 85%. Met ander woorde ons begroot vir die onmoontlike!!! Dit is totaal onrealisties!!!

Vir herstel en onderhoud is daarna my mening redelik voorvoorsiening gemaak, maar ons weet ook dat elke jaar dit drasties verminder en afgeskaal word, wat weer “potholes”, waterlekke en rioolstortings meebring. Swem Jannie Swem!!.
Nico Botha