ONS is gewillig om met Eskom saam te werk, maar sal nié ’n geboelie duld nie.
So sê Elza van Lingen, uitvoerende burgemeester van die Kouga Munisipaliteit, oor die beoogde bou van die kernkragsentrale by Thyspunt.
“Ons sal nie saamstem met enige iets wat nadelig vir Kouga se inwoners of sy infrastruktuur is nie,” voeg sy by.
In ’n verklaring vandeesweek sê dié krag-reus dat hy ’n vergadering met Van Lingen gehou het om sy planne te bespreek.
Daar is ooreengekom dat die munisipaliteit ’n koördinerende rol met Eskom en ander belanghebbendes oor die pad vorentoe sal speel.
Die vergadering met Van Lingen is voorafgegaan deur ’n vergadering met die Kouga-Sakekamer en Kouga-Landelike Sake-ontwikkelingsraad.
Op dié vergadering het Eskom die verseke-ring gegee dat plaaslike infrastruktuur eers gereed sal moet wees voordat ’n kernkragsentrale by Thyspunt gebou word.
Mandla Gobingca van Eskom sê ’n vaardig-heidsopname sal van die ondernemingsvermoëns in die gebied gedoen word.
“Voorlopige werk toon daar is uitdagings. Ons sal die uitslae van die opname deel en dan verder saam beplan,” voeg Gobingca by.
Eskom het intussen bevestig dat die tydperk vir openbare kommentaar op sy aansoek om ’n kernkrag-perseellisensie by Thyspunt tot 19 Oktober verleng is.
Kouga Express
Tags: thyspunt
Leave a Reply