Lui werkers se dae getal

WERKERS wat lyf wegsteek in die Kouga, se dae is getel.

Die nuwe Kouga-raad, onder leiding van Kouga uitvoerende burgemeester Elza van Lingen, het ondersoek ingestel na vele klagtes hulle bereik het oor munisipale werkers wat glo tydens werksure leeglê.

Photo: Joey Nel

Photo: Joey Nel

Volgens Van Lingen is meeste van dié werkers nie munisipale werkers nie, maar val onder die Uitgebreide Publieke Werksprogram en die Gemeenskapswerksprogram.

“Selfs al val die werkers nie onder munisipale bestuur nie, kan so ‘n situasie nie geduld word nie. Dit is steeds publieke fondse wat gebruik word om hul salarisse te betaal,” sê Van Lingen.

“Boonop is die werk waarvoor hulle betaal word, ten bate van Kouga se gemeenskappe. Een van hul pligte is, onder meer, om ons dorpe te help skoonhou. Vuil sypaadjies en woonbuurte is dan juis een van ons grootste kopsere.”

Volgens Van Lingen, beskou die raad hierdie as ‘n saak van groot erns.

“GOns wil graag inwoners die versekering gee dat ons die verantwoordelike regeringsdepartemente hieroor sal aanvat en daarop aandring dat Kouga se mense die diens ontvang wat hulle verdien.

“Werkers moet onthou dat hulle werk ‘n wesentlike verskil aan hul gemeenskappe kan maak. As hulle slaplê, is dit hul gemeenskappe wat die seerste kry.

“Saam kan ons ‘n Kouga bou waarop ons almal trots kan wees.”

Tags:

One Response to “Lui werkers se dae getal”

  1. Susan Potgieter Says:

    Beste KOUGA – DA

    Ek stem 100% saam. Afgesien van die werks-etiek, wat reg moet wees, skep die toestand van die sypaadjies ens, nie ‘n goeie toeriste beeld nie, wat broodnodig is!

    Susan Potgieter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: