Die DA is reg om Kouga te regeer

Die feit dat ons as die DA die meeste stemme in Kouga  tydens die afgelope verkiesing verower het, maak die verantwoordelikheid en druk natuurlik nog groter vir ons doelstellings vir 2016.

Win Kouga

Wat kan die DA doen om kiesers te oortuig om vir die 2016 verkiesing?  Kom ons praat oor wat Kouga en sy mense moet red.

In Kouga moet ons begin met behoorlike basiese dienslewering – “back to basics” – en doen presies dit wat van ‘n munisipaliteit verwag word.  Inwoners moes maar verlief neem dat dienste stelselmatig verswak en dit moet reggeruk word – nie met mooi praatjies in die media nie, maar op die grond vir die mense.

‘n Besondere uitdaging vir Kouga, en iets waarin die huidige ANC- regime alhier heeltemel faal, is om die gepaste balans te handhaaf  tussen die uiters wenslike voorsiening vir die agtergeblewenis en om terselfdertyd nie die ganse wat die goue eiers lê in die grond te boor nie.  Die verrykende invloed hiervan beïnvloed beslis die ekonomie.

Daar is nou reeds vir ‘n baie lang tyd ‘n onheilspellende sluier wat swaar hang oor Kouga Munisipaliteit se finansies en die tyd het aangebreek vir deursigtigheid.  Die donker wolk belemmer beleggingsvertroue, verswak alle munisipale dienslewering en onderhoud van infrastrukstuur.

Dit is ‘n werklikheid, want dit word veroorsaak deur die ANC wat nie sy beloftes kan nakom nie.  Die party kan ook nie sy binnegevegte oplos en ‘n behoorlike politieke bestel in plek kry vir die bestuur van die munisipaliteit nie.

Daar moet versekering wees dat Kouga se grootmaat-infrastruktuur onderhou, opgradeer en vergroot word om ekonomiese ontwikkeling te kan steun.

Die belangrikste van alles is dat die beleggingsvriendelike klimaat wat in Kouga geskep moet word, die nodige werksgeleendhede sal skep vir die bykans 100,000 inwoners.

Ons sal moet toesien dat Kouga se skole voldoende infrastruktuur en munisipale ondersteuning kry om aldus net die beste standaarde handhaaf ten einde ons jeug baie goed te bekwaam vir tersiêre opleiding.  ‘n Behoorlike opvoeding is die enigste uitweg uit armoede en werkloosheid.  Ons jeug verdien ‘n beter toekoms. Ons jeug verdien permanente werksgeleenthede.

Kouga is naas die twee metros die munisipaliteit met die sterkste ekonomie in die Oos-Kaap.  Hier in Kouga moet ons ten spyte van die huidige swak ekonomie groter beleggingsvertroue skep.  Net politieke stabiliteit en behoorlike munisipale dienslewering en bestuur kan dit beverkstellig.  Daar moet versekering wees dat beleggings veilig sal wees, naby die nodige hulpbronne en naby die vervoernetwerk vir marksverspreiding.

Cllr Nico Botha with the DA activists in Ocean View.

Cllr Nico Botha with the DA activists in Ocean View.

Al is die pad na die 2016-verkiesing nog 24 maande weg, sal ons beslis ook reeds nuwe jeugdige aktiviste wil betrek in elke tak en in elke wyk.  Die doel is om ook kandidate te werf op verskeie vlakke soos finansiële-, ingenieurswese- en plaaslike bestuur-ondervinding, ten einde ‘n baie bekwame span in 2016 aan ons kiesers te kan voorstel.

Hierdie uitdaging is veral groot gesien in die lig van ‘n reuse heropbouproses wat daar tans in Kouga broodnodig is.  Die DA het spesifieke vereistes waaraan raadslede, asook die leierskorps binne ‘n raad, moet voldoen en ek kan u verseker dat die prosesse behoorlik gevolg sal word om by die mees bekwame kandidate uit te kom.

Ons huidige koukusleier, Dr Chimpie Cawood, is tans ons “skadu-burgemeester” van Kouga.  Hy is ‘n man van groot ondervinding en het ondermeer diep spore in die onderwys nagelaat, veral op Stellenbosch Universieit waar hy mede-dekaan van die opvoedkunde fakulteit was.

Hy was selfs vir twee termyne die burgemeester van Stellenbosch voordat hy na Kouga verhuis het.  In Kouga was dit onder sy leierskap, met die medewerking van die uiters bekwame destydse munisipale betuurder  Dr Nico Botha, wat die DA die Vuna-toekenning gekry het vir die beste munisipaliteit in die Oos-Kaap.

As dit kom by die burgemeesterskandidaat vir 2016, sal die DA soos gewoonlik deur die gebruiklike prosesse gaan waar die Federale Uitvoerende Komitee die onderhoude vir die DA se burgemeesterskandidate regdeur die land sal voer.  Die kandidaat vir hierdie posisie sal nie sommer hier in die binnekringe van ‘n paar mense in Kouga besluit word nie.

Die DA sal seker maak dat Kouga munisipaliteit dienste lewer aan al ons inwoners en dat ons infrastruktuur behoorlik onderhou word.  Ons sal die ANC gedurende die volgende twee jaar verantwoordelik hou vir elke diens en elke sent in elke aspek!

Elza Van Lingen

Tags:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: