Rus in Vrede Danie

Dit is met groot hartseer wat ons verneem dat Danie Rautenbach sy lang stryd teen kanker verloor het.

Danie Rautenbach

Danie was Kouga se dorpsbeplanner en het meer jare vir Kouga bedien as wat die meeste mense kan onthou en sy toewyding ‘n voorbeeld vir elkeen van ons.

Danie het gepaste opleiding en ervaring gehad wat hom in alle opsigte uitermate professioneel toegerus het vir die hoë eise wat Kouga-gemeenskap aan ‘n stadsbeplanner gestel het. Hy was dan ook allerweë deur almal wat met hom
gekonsulteer het, met hoë agting bejeën.

Ons dra ons diepe medelye aan Miemie en hul kinders,ander familie, sy kollegas en vriende oor. Ons bid dat ons Hemelse Vader u almal deur die moeilike tyd sal ondersteun.

Tags:

One Response to “Rus in Vrede Danie”

  1. Marlene Says:

    My innige meegevoel met sy vrou en kinders. Hy was ook ‘n kranige atleet van die Jeffreysbaai Atletiekklub.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: