BEKENDSTELLING VAN KOUGA SE TWEE KANDIDATE VIR DIE MEI 2014-VERKIESING

ELZA VAN LINGEN

Elza van Lingen

Elza van Lingen is ‘n huidige DA-parlementslid en sy is tans weer Kouga, Koukamma en Baviaans Munisipaliteite se DA- kandidaat vir die Nasionale Parlement. Elza dien sedert 2009 in die parlement en sy was in Oktober 2011 verkies as die DA-leier in die Nasoinale Raad van Provinsies (NRVP) – inderdaad ‘n merkwaardige prestasie in ‘n baie kort tydjie.

Sy dien ook in die Uitvoerende Komitee van die DA Federale Raad. Ook is sy die Voorsitter van die Provinsiale Finansiële Komitee en verteenwoordig haar provinsie in die DA Federale Finansiële Komitee. As DA-Leier van die Tsitsi-Karoo Kiesafdeling verteenwoordig sy die kiesers en gemeenskappe van Baviaans, Kouga en Koukamma deur te alle tye buitengewone pogings aan te wend om optimale dienslewering te verseker.

Haar besondere hoë vlak van werketiek stel ‘n meesterlike voorbeeld vir die 27 DA-raadslede in haar kiesafdeling. Sy lewer ‘n onmisbare skakeldiens aan raadslede deur die kiesafdeling se diensleweringsuitdagings op die hoër parlementêre en provinsiale vlakke aangespreek te kry.

DANIEL (DANNY) BENSON

Danny Benson

Danny Benson

Danny is Kouga en die Tsitsi-Karoo Kiesafdeling se kandidaat vir die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer. Hy is gebore en het grootgewod in Swartvlei naby George en hy matrikuleer aan die Hoërskool George.

Hy is 55 jaar oud en hy en sy vrou is geseënd met 5 kinders. Hy is Godvresend, ‘n harde weker, lojaal, ‘n vinnige leerder, pas maklik by omstandighede aan, goeie spanspeler, self-gemotiveerd, selfversekerd en in staat tot self-dissipline. Hy is ook ‘n mens mens en veral ‘n persoon wat omgee.

Hy het ‘n Nasionale Diploma in Personeelbestuur behaal asook ‘n graad in Personeelontwikkeling. Hy het 25 jaar professionele ervaring as leier in die SA Weermag. In die Weermag was hy eerstens ‘n gewone offisier ( vanaf troepie tot sersant) en daarna as Offisier ( vanaf LT tot LT-Kol). Gedurende hierdie tydperk het hy verskeie lewensvaardighede en bekwaamhede soos dissipline, self-dissipline, probleemoplossing, die bestuur van personeel en bronne, leierskap en strategiese beplanning verwerf.

Danny se politieke ondervinding sluit die volgende in: verkies as DA Raadslid van Kouga Raad in 2011; Voorsitter van die DA Tsitsi-Karoo Kiesafdeling; verkies as die Hoofsweep van die DA in Kouga Raad; dien in die DA Provinsiale Raad; Segsman van die LED Portfolio Komitee in Kouga Raad.

Tags: ,

2 Responses to “BEKENDSTELLING VAN KOUGA SE TWEE KANDIDATE VIR DIE MEI 2014-VERKIESING”

  1. Gerhardt Says:

    …and you tell us a day before? we have not even met these people nor heard them speak or do any recruitment drive in the area? and you are expecting a vote?

  2. kougademocrat Says:

    Hi Gerhardt, we actually introduced the candidates via our blog on 2 May and reposted today in Afrikaans. Both Elza and Danny have campaigned extensively throughout the Kouga, Kou Kamma and Baviaans Municipalities. Kindly leave your contact details should you wish to be personally contacted by one of them.

    https://kougademocrat.com/2014/05/02/meet-the-da-candidates/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: