DA Raadslid oorlede

e groepDemokratiese Alliansie Raadslid Eugene Groep vir Wyk 5 in Humansdorp (Kouga), is op Vrydag 13 September in sy slaap oorlede.

Eugene is op 25 Maart in 1961 gebore. Hy het sy skoolloopbaan by Humansdorp Sekondêre Skool voltooi.

In 1983 is Eugene met Jesmaine Geswint of Jessie soos ons haar ken, getroud.

In dieselfde jaar het Eugene ook by die Polisiediens aangesluit en het jare lank in die Kouga area diens gedoen. Hy het in November 2010 as Adjudant Offisier weens gesondheidsredes uit die diens getree.

Eugene is in May 2011 as Wyksraadslid verkies. Hy was hardwerkend en het sy wyk se inwoners goed as raadslid bygestaan. Dit het dikwels gebeur dat Eugene ook kiesers in ander wyke gehelp het met hul munisipale probleme.

Ons het Eugene, beide as polisieman en Raadslid geken en ook as ‘n baie hardwerkende man wat altyd sy medemens bo homself geplaas het. As wykraadslid wou hy graag al die kiesers tot diens wees en het uit sy pad gegaan om dit te bewerkstellig.

Terwyl Eugene nog in diens van die SAPD was, het hy baie gemeenskapsvergaderings saam met ons as DA bygewoon ten einde die bendes en dwelms in gebiede soos Vaaldam te bekamp. Hy was besonder bekommerd oor die leerlinge wat na skool deur die bendes bedryg word.

Die Demokratiese Alliansie betoon ons medelye aan Mev Jessie Groep, hul dogter Gina Nuraan, haar eggenoot Ebrahim Izally , hul seuns Jeswin (22) and Jermaine (14). Ons dink ook in die besonder aan die Groep en Geswint families en dra hulle op in ons gebede.

Ons betreur sy heengaan as ons vriend en mede Raadslid en bid dat God die families sal bystaan in hierdie besondere moeilike tyd.

Elza Van Lingen

Tags:

One Response to “DA Raadslid oorlede”

  1. Elza van Lingen Says:

    Ons innige simpatie en diepste medelye aan die Groep gesin en groter families.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: