DA maak n verskil in Humansdorp

Op 8 Mei 2012, omstreeks 13h00, is n Mecedes Benz motor (n oue) in die informele nedersetting van 7de Laan deur n moedswillige jongman aan die brand gesteek. Dit het gevaar ingehou vir die ongeveer 10 huise in die omgewing, omdat daar nog ook brandstof in die motor se tenk was. Raadslid Campher het onmiddelik die brandweer en die polisie ontbied wat die brand betyds kon blus. Dit sou tragies wees as hulle nie betyds was om die brand te blus nie.

Danny Benzon, Elza Van Lingen and Fred Campher at the Provincial congress

Mervyn Stuurman, n inwoner van die informele nedersetting,Donkerhoek in wyk 4, het kom aansoek doen vir n RDP huis. Nadat sy ID nommer ingepons is, het dit aan die lig gekom dat die arm man alreeds eiendom ter waarde van R 1 725 000 in Plettenberg baai besit. Dit was vir hom n skok, want hy was nog nooit in sy lewe in Plettenberg baai nie. Die saak word deur ons LP Elza van Lingen, ondersoek.

Op Donderdag, 3 Mei 2012 is n suksesvolle IDP vergadering vir wyke 4 en 5 in die Kruisfontein gemeenskapsaal gehou. Die Burgermeester en sy komitee was nie teenwoordig nie ,en die wyk 4 raadslid,Freddy Campher,moes as voorsitter tydens die vergadering optree. Daar was vreeslike aanvallende vrae vanaf ANC lede uit die twee wyke, tydens die vergadering gevra.

In Maak ‘n Las, Kruisfontein, is ‘n bejaarde vrou op 1 Mei 2012 oorlede.Haar begrafnis was beplan vir Saterdag, 5 Mei 2012. Ongelukkig was die pad na die woning so onbegaanbaar, dat die lykswa nie eers die lyk kon gaan oplaai nie. Rdl Campher het op kort kennisgewing die bestuurder wat verantwoordelik is vir paaie, gevra om die pad na die woning tog net rybaar te maak voor die begrafnis. Hy het spoedig reageer, en die pad is herstel.

Tags: , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: