Kouga Begroting Goedgekeur??

Die skrywer van ‘n artikel in plaaslike koerante dat die stadsraad op die 28ste Maart  2012  die Kouga 2012/2013 begroting goedgekeur het, was duidelik nie in die raadsaal tydens die bespreking van die begroting nie of andersins het hy/sy aangeneem dat die raad die begroting sou goedkeur.

Die persoon het waarskynlik nie geweet dat sommige ANC raadslede afwesig sou wees nie en derhalwe kon die ANC nie  verlede jaar se oorgekopieërde   begroting goedkeur nie.

Die artikel is waarskynlik bedoel om ‘n April grap te wees. Ek wil my distansieer van sulke verregaande foutiewelike beriggewing en die inwoners daarop wys dat die begroting op voorstel van die DA verwys is vir verdere bespreking.

Hierdie skrywe is defnitief nie ‘n April grap nie.

Raadslid   Nico Botha

One Response to “Kouga Begroting Goedgekeur??”

  1. Nico Botha Says:

    Alhoewel dit ‘n konsepbegroting is moet die raad daartoe instem dat die konsepbegrotig geadverteer kan word vir publieke insette. Tydens die vergadering was geen voorstel tot die effek gemaak nie delhalwe is die sogenaamde besluit onwettig!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: